Writings

Namibië – Khaudum (2012)

9/16/2012 4:10:05 PM

Ons kan seker maar erken ek en swaer is nou hardebaard veldry spesialiste, aangesien ons die AWD Seta Competency kursus geslaag het – in Ingels!. Nee ek sal dit eerder toeskryf aan die jare en kilometers ondervinding. As ek dink aan tyd en afstand wat ek en my Lappie al saam voor in Makhalanyane se cab deur gery het. Met Ou Valie in my kantspieël. Reise is ervarings wat nie gekoop kan word nie.

Maar nie soos die laaste trippie Namibi
ë toe nie. Frans het ? nuwe canopy ontwerp, wat ons laat bou van Aluminium. Ons kruip nou nie meer in nie, die rug jy weet, ons stap nou regop in tot by die bed. Dit moet getoets word.

Almal praat van die verlore reservaat aan die noord-westekant van Namibië – Khaudum. “Oohh bly weg” s
ê hulle “diep sand!” Ja die padjie draai klein af van die Caprivi pad, en jy sit sommer dadelik vas in die diep sand. Maak ‘n teetjie terwyl die bande afblaas en haal die spaarwiel uit onder die bak, vir die hoë middelmannetjie.

Dan ry ons vir 60km, links-regs hop-hop tweespoorpadjie tussen die Mopanies deur. 30km/hr in 2de, 3de rat werk die Cruiser die padjie deur. Met die gehop kyk ons soms by die kant venster uit en sien niks om oor te skryf nie. Juis dit is die hartseer van die “park”. Maar net soos die Limpopo Transfrontier Park tussen Suid Afrika en Mosambiek, is hier ook PB’s wat lewe moeilik maak vir die wild. Die veld brand oral en die wild is wild. Hier sien ons vir die eerste keer ? olifant wat agter ? boom wegkruip terwyl ander letterlik vir die voertuie weghardloop. Die paar alleenlopende bokkies hardloop verward in ? rigting as hul die voertuig sien aankom.

Net na een die middag stop ons by die eerste kamp om ons toegang te betaal. Die hout geboude kantoor het ? HF radio wat nie werk nie. ? Klompie ou foto’s en ? kaart wat amper onleesbaar is. Die paar le
ë 7,62mm R1 magasyne agter die toonbank, verduidelik die geaardheid van die wild en sporadiese grasbrande in die park. Die twee maer brakke wat opdaag saam met ? ander lid van die parkbestuur bevestig my vermoede.

Die volgende 80km na Sikereti kamp, was een van daardie iesegrimmige middag roetes met die sand, bosbrande en skaars vlugtende wild. Na drie ure se ongemak in die sandpadjie stop ons, stowwerig en dors by die kamp. Vars water by erg verwaardelose toilette en storte met ? donkie. Geen hout of vuur wat water kan warm maak nie.

Bestuur word op Afrika metodes gedoen. Geen onderhoud, net die gebruik van alles wat aangedra word. In al die tyd is daar nog geen ontwikkeling of uitbreiding in die reservaat nie. Net die misbruik van primitiewe geriewe. In ? gemeenskap kamp wat baie meer potensiaal het as Pirros, Aboab, Ruakana en Brukaros het hier baie minder ontwikkeling plaas gevind.

Teleurgesteld in nog agteruitgang in Afrika.

Nee ons gaan nie wee da ry nie ! !!

Martin Eilers
083 299 7511
info@ecotech.co.za

Sal wee ry – Die Suid-weste maniere.

9/10/2012 3:14:25 PM

Die manne in die Suid-weste het mos hul manier van ‘n ding stel. Draai ons toe links (S27 29.698 E19 12.845) daar by Oas, op die Karasburg se pad. Die mooi grondpaaie van Namibia. Ry ons, ons vas in Mantie met die meeste sê goed wat ek nog gehoor het. Hoekom hy nou die Vrystaat se rugbyspan ondersteun, sal sy voorouers hom seker nooit vergewe nie. In die geweste is daar nie verskoning as jy nie eers aanklop voor jy verder ry nie. Mens sien jou kuiergaste mos vir ‘n uurlank aankom, met die stoffie wat soos ‘n veertjie bo die dorre woestynland uitgroei. Verneem ek ook dat die “jeep” mos altyd ‘n kombersie agter in het, dis nou as jy voor die “Staan Rib” op die kole - omval.

Terwyl Mantie verduidelik hoe die diesel gedrewe donkie die water warm maak, begin Ousie solank die groente skil op daai klein sny-bordjie waarop daar net een ui pas. Vanaand gaan ons in die bekende Oas kuierplek kuier. More wil ek Keetmanshoop gaan sien. “Nee wat kêgrels hiegr kuiegr ons nie tot die bottel klaagr is nie . . . . maagr tot ons klaagr is!” Daar word die stories van skooldae af gaan haal. ‘n Ding wat wel pla is die Vrystaat rugbytrui wat op die muur uitgestal word. Vir my as oud SAW beredeman is die Saalperde hier maar ‘n taai toffie om te sluk. Wat is tog nou mooier as die natuurlike pronk van ‘n Arabierperd?

Met die verskoning dat ons vroeg wil ry, probeer ons die oopmaak van die volgende bottel whiskey met die prentjie van die hoender op, afweer. “Ek gee jou ‘n kiekie van Keetmans dan kuiegr julle maagr môgre hiegr of Fgrans kan maagr wag tot jul tru kom”.

Draai ek toe mos nou weer van die grootpad af op die D-Roetes toe ons die Karrasberge in gaan. Nou begin Ousie haar papierkaarte in die rondte draai om die stippellyn, waarop ons ry, te vind. Na Lilla die 23ste plaashek moes oop-en-toe maak, raak sy redelik stil. Die 24ste hek is toe net agter ‘n blinde bult. Toe ek oor die bult gestorm kom, trap ek die Cruiser se “briek peddle” teen die bord, maar die hek word net al groter voor ons! Pluk die handrem net betyds! Staan ou Mankalanyan met sy neus amper teen die hek. Toe die stof gaan lê sien ek die voorwiel is vol “brake fluïde.” Swaer knyp maar die pypie toe met die “Wise grip” - alla Gauteng manier. Elke keer as ek rem trap, wil die bakkie se neus net veld in.

Saterdag twaalfuur naby Keetmans. Gaan ons ‘n hidroliese pyp daar kry? Ons moet more aand in Upington slaap!

Die ou by die petrolpompe sê:” Gelukkig is Namibia ‘n uur agter en is dit nog nie eenuur nie, ongelukkig maak die spaarparte gladnie oop op Saterdae nie.” “Gaan vra by die Bakery in die hoofstraat” kom die raad van ‘n ander man wat met sy twee voete vier spore loop. “Ja!!! Bakery?” . . . dink ek. “Ja” sê ‘n ander een: “Vra vir Brian vd Merwe, hy bou die jeeps hie.”

Ek vra die kleurlingwerker agter die bakery, waar mnr Brian vd Merwe is. “Ek is Brian vd Merwe.” verduidelik hy met ‘n pragtige kleurlingstorie uit die Kaap. “Watter Van der Merwe dink jy is ek?”

Tweeuur die middag kom sy vriend van die “spares” winkel ook daaraan om te help. Drie-uur is die ou van die “tyre” plek ook daar en onder die bakkie se as in. Teen vieruur is die eienaar van die “engineering” ook daar besig om die “disc caliper” te tap. Toe die braaier teen vyfuur uitkom begin ek verbouereerd verskonings soek om klaar te maak.

Die manne is almal voorspoedige jong manne wat hul eie besighede bedryf daar. Hul kultuurverskille is lankal aanvaar en die rasse-grappe wat gemaak word, is al wat oorgeby het van hul ouers se struwelings tot voortbestaan. Daar is te min voorspoed in die plek om politieke verskille aan te blaas. Wat betaal mens vir die groot werk wat die ouens in hul eie tyd gedoen het? Baie groter gewees as wat verwag is en wat mens kan bekostig in die kolonie (SA).

Met die “tong in die kies” vra ek hul om skoon te maak en mooi aan-te-trek, dan bied ek aan om die ete te betaal by die Lafeniskamp Restaurant, terwyl ons groet.

Toe ek en Swaer later, rustig met die eerste glasie ys sit en dit raak al saans, storm daar ‘n kort-gat Cruiser by die kampplek in met vier vuil ouens op. Hulle sal die ete nie kan maak nie. Hulle bring net vir ons twee Springbok -boude om verskoning te vra. Wat kan mens sê van sulke ongeëwenaarde gasvrye mededeelsaamheid?

Toe ek die ongeskikte amptenare aan die SA kant van Nakopgrenspos, beleef, dink ek terug aan die “Sout van die dorre Aarde” wat ons daar agtergelaat het.
Die mense in die Suid-weste is die teenoorgestelde van
die onvriendelike aarde waarin hul “groot raak”.
Daar is miskien nie water nie, maar hulle menslikheid
“sit jou siel in jou bors in terug.


Ons kan nie wag om wee da te ry nie.

Martin Eilers
Tel:  083 299 7511
info@ecotech.co.za




Sal ons wee ry - van Luderitz na Lauberville.

9/10/2012 8:25:52 AM

So deur die 4x4 toere, het ons ontmoet; en is nou al ‘n groep van om en by 8 voertuie wat jaarliks die sand trippie in die Namib aanpak. 

Mense kla dat dit duur en ver is maar ter wille van die ekologiese bewaring van die omgewing is dit belangrik dat die toere beperk moet bly.

Daar is ‘n standaard roete wat jou die geleentheid gee om al die belangrike besienswaardighede te sien. (Saddle Hill, Bulldozer, Suzy, Sylvia Hill, St Francis, Meob, Holsatia, Charlottenfelder, Grillenberger, Langewand, Devil’s Workshop, Conception, Sandwich Harbour)

Die woestyn het baie spookstories en geskiedkundige optimisme van skattejagters. Ryk-word stories wat net weer eindig met die harde werklikheid van armoede. Net die woestynsand wen in hierdie dorre wêreld. 

Dit is maklik om met die uitdaging van die hoogste duine en “slip faces” in die wêreld, deur die sand te jaag sonder om by die venster uit te kyk. Om vir ‘n oomblik die stil skoonheid raak te sien. Met die beplanning het ons die regte gids gekies. Volker van Desert Magic, met “Strandwolf” (4.5 EFI Land Cruiser) was die beste keuse vir ‘n woestyn gids wat mens kon maak. Sy passie en ondervinding bring die rustigheid van die gebied tot in jou gemoed. Die pragtige geskiedenis van die sprokies wêreld word oorgedra op dieselfde wyse wat oupa destyds die oorlog stories vertel het. Die stem op die radio met die rasper-Duitse aksent, pas soos die geroeste Chevi motor by Platpan. 

Op die derde dag, sleep Frans die voertuig voor hom, in tru-rat, van ‘n kruin af en beskadig sy Land Cruiser se agter ewenaar. Met nog sowat 220km van die beskawing, probeer hy maar die Cruiser rustiger deur die duine vat. Gelukkig word die vrag ligter soos die brandstof en water gebruik word. Hy “nurse” die ewenaar se laaste paar ratte tot by Indongo Toyota agente in Walvisbaai.  

Met die aankoms daar groet Louwtjie Barnard ons vriendelik. Hy stel voor ons gebruik hul hyser om maklik vas te stel watter ratte beskadig is. Teen 17:00 Namibia tyd, reël hy met die verskaffer in Windhoek om die twee beskadigde ratte met die koerier, oornag, aan te stuur. Met gebruik van die rekenaar en geriewe by Indongo Toyota reël ons alles vir die herstel van die ewenaar en is ons gereed om teen 11:00 die volgende oggend te vertrek na ons volgende bestemming. Groot dank aan die nuwe werkswinkel bestuurder wat nog diep spore by Toyota gaan trap. 

Die toer was weereens alles werd en ‘n ondervinding wat geld nie kan koop nie. Die Namib roep mens mos terug om weer te kom probeer. Miskien is dit die seerower skatte wat daar in die “niks’ versteek is wat jou daag om weer te kom. Dan weer die brullende “slip face” van die duin wat so hoog is soos meeste van ons berge in Suid Afrika. Die Jakkals wat langs die graspol lê en jou dophou as jy verby ry, of die dolfyne wat in Conception baai langs die voertuie speel. Die fyn balaans wat jou ‘n kansie gee om vir ‘n kort rukkie hul bestaan met jou te deel. 

Ons sal wee ry . . . 

Martin Eilers
Pretoria
Tel:  083 299 7511
Mail: 
martin@ecotech.co.za
Web:  www.ecotech.co.za/4x4

 

 

Ons sal wee ry – Toer vs Kamp

9/10/2012 8:25:50 AM

Slaap ons mos een aand weer by Rooi Sand Karavaankamp net voor Kuruman, op pad terug van ons jaarlikse 20 dae toer. Die reël is dat ma moet warm stort en lekker slaap, dan ry sy more se lang pad maklik. Kobus sê sy vroutjie verkies haar witgat in ‘n wit bad. Ja ons het besluit – Blommetjies kyk is ‘n ou-mens-sport. Frans sê al verskil van sy afgelope 12 jaar se blomme foto’s is sy plooie en grys in die hare op die foto. Ousie sal seker nog foto’s van hom neem met sy vierbeen-kierie en die blommetjies in die agtergrond.

Net klaar gestort; sit ek en swaer rustig en wonder hoekom die selfoonfirma besluit het om ‘n windpomp bo op ‘n berg te maak staan. Dit maak tenminste ‘n besonderse tipe sonsondergang. Dit is mos hoe hul die selfoon torings deesdae wegsteek. Toe trek daar twee van die bogenoemde paartjies in. Ons neem eers nie notisie nie, maar is heeltyd bewus van die erge gewerskaf om hul kamp te maak staan.

Mettertyd staan swaer nader want kampeerders het mos die manier om nader te staan.

Miskien was dit die “over-accessorized” nuwe model Disco wat ons bietjie laat huiwer het om te gaan groet. Ek dink dis die Engels-ding met swaer en sy kinderdae uit Windhoek se koshuis. 

“Naand Oom” groet ons beleefd en begin die “canopy kontrepsie” haarfyn te bestudeer. Ons is self mos al aan die verkeerde kant van 40 en die, leer klim dak toe, het ons van staanspoor geruil vir - slaap in ‘n standaard canopy. Op die Isuzu bakkie is ‘n aluminium- en seil mengsel “woonkwartiere” wat oopvou soos die moederskip wat vir ET kom haal het. Die oom moet fiks wees om al die opslaan stappe en Velcro laste te doen, dink ek terwyl ons die trotse paartjie se motiverende demonstrasie toer   deurloop.

Intussen het die ander oom die daktent  op die Rover oop en is besig om van die  kamptoerusting uit te pak. Die tannie  verduidelik van die water verwarmer,  extra yskas, stoof, rakke, handige  wasmasjien, eksterne kragbronne en die  wasgoed rak en veel meer, terwyl oom  Dolf bo in die daktent die beddegoed  regtrek. Sy vertel met dank van haar   seun  wat vir hul die goed toegeruste  voertuig leen om te gaan blommetjies  kyk. Hulle vertel dat hul net vanoggend vanuit die Rand vertrek het. “Kry jy die liggie reg pappa?” vra die tannie entoesiasties, toe ons groet en terugstap, na wat van ons vuurtjie oor is.
 

Dit was toe ek die meerderjarige tante op ‘n plastiekasblik sien staan om by die Disco se dak by te kom, wat ek besef hoe belangrik die Toer vs Kamp ding is. Wanneer jy toer begin jy van die wegtrek af kamp en moet jy elke dag kan oppak en afpak met die minste moeite.  Die kampeerders ry tot by hul bestemming en pak vir ‘n dag lank af.  Wanneer jy elke dag teveel toerusting in- en uitpak, raak mens iesegrimmig vir die langpad.  Ons het gevind, om ‘n toer suksesvol te maak, moet daar ‘n uitdaging aan gekoppel wees. Swaer staar na die “Bos TV” en herhaal so ewe rustig: “Kry jy die liggie reg – Pappa ?” . . .  Hy’s nou nog Pappa, oor 3 weke is dit: “DOLF, Klim op en sit aan daai lig !!” 

Op die Namakwa 4x4 Ecoroete net Suid van die Oranjerivier (Gariep),  ry ons een middag half vier by ‘n klein padpredikant verby wat sê: “Hel se Pas”. Min weet ons toe dat ons net ‘n jaar of wat later weer meer as 2000km gaan ry om daar regs te draai. Die tipe uitdaging wat mens moet kry met ‘n toer. Ons moes die Nougaseprivierpas (soos die Xamás mense wat in die Namakwa groot geraak het, dit roep) gaan volg tot waar dit by die Oranjerivier aansluit. Ray J van Rensburg het net kopgeskud toe ons by sy rusplekkie in Springbok intrek en spog oor die prestasie dat ons die “Road to Hel” se pas bemeester het. 

Pak so min as moontlik en koördineer met die ander lede van die toergroep om toerusting te deel. Die stort, toilet, rooster, potte, ketel en pikstelle kan gedeel word. Net een koffie/tee krat is nodig. As die op- en afpak langer as vyf minute vat, verwar jy toer met kamp.

Ons sal wee ry. 


Martin Eilers
Pretoria
0027 83 299 7511
info@ecotech.co.za







Ons sal wee ry – Groepsdruk in die Savuti

9/10/2012 7:51:52 AM

Met ons eerste toer in Botswana, het ons ‘n maand voor die tyd begin pak. Ek het vir ‘n week met die blou gasbotteltjie op die dak gery, soos die Britse 4x4 from far, by die Greyston Off Ramp.

My Groot vriend, Henry versoek ons om saam met hul die “Melkweg-roete” deur Botswana te ry. Hulle is vier gesinne en het nege dae om die roete te voltooi. Na die tweede professionele voorbereidings vergadering het ek en Swaer besef ons insette gaan nie veel verander aan die manne se toerusting entoesiasme nie. Die Prado’s se skraapwerende plastiek materiaal en die sleepwaens met die daktente was die teken om stil te bly. Die toerusting word vir twee weke, rondom die voertuie gepak soos ‘n 4x4 skou uitstalling.

Na twee aande op die pad erken Henry dat hy die hele toer besig is om toerusting rond te skuif in sy voertuig. Hy voel ook die 6 vleis roosters van verskeie grote en vorms was bietjie oordoen, aangesien hy nog die heelpad saam Buks braai.

Die eerste vassit het gekom net toe ons die stof pluimpies in die droë panne voor Kubu maak. Nee die tipe vassit wanneer mense, persoonlikhede en gewoontes begin bots. Ja, vat ‘n vriend op toer en julle kom gewoonlik spraakloos terug. Nie van die natuurskoon nie maar van die mens-se-natuur. Toe Trichard en Pretorius so uit Kaap Goedehoop die bos in toer met hul 12x12’s het hul dit ook uitgevind.

Nou werk die GPS skielik nie want hier draai ons links by die tweespoor agter die koka. “Hoe het jy geweet om hier te draai?” Die GPS wys nou net ‘n groen kol en by dit alles staan die padpredikant agter die winkel. Die entoesiasme begin nou in iesegrimmigheid verander. Ek trek af en Ousie begin dadelik broodrolletjies smeer terwyl die swart roet keteltjie fluit op Swaer se gasstoof. Met die aftrek will die “Chippendale” boyfriend se Cruiser 4.5 EFI nie die sandwal vat nie. Dit spin en grou, maar nee. Snaaks dan sê die manne mos dadelik: “Daai ou kannie ry nie”. Praat niks van die bakkie nie. Toe ek al die beker koffie se bodem sien vra Swaer so ewe: “Is hy gelock voor”. Die “Nawe moet sluit” soos Ray Jv Rensburg sal sê.

Soos ‘n regte Sammajoor het ek elke oggend 06:00 die daktente geskud om te sien wat uitval. Sal nooit erken dat ek die deel nogal baie geniet het nie. By 08:00 moet ons die pad vat en op die swak klein 4x4 hand radio’tjie probeer verduidelik dat my GPS reg is. Julle kan maar volg - ons sal daar uitkom. Swaer het agter gery en soos ‘n Harley Sweeper verseker die “pack” raak nie verlore nie. Ons het al vroeg in ons 4x4 omswerwinge agtergekom hoe belangrik kommunikasie is.

By Gweta wil hul weet watter kaart ek gebruik, hul GPS het die nuutste en daar is geen roete waar ons ry nie. “n Man praat nie van die T4A op die Netbook agter Lappie se sitplek nie” Ons ry maar op my vrou se Nokia foon !!

By Maun slaap die groep maar verdeeld. Met die waarskuwing dat hul vroegdag moet ry as hulle in die Moremi die bekende foto op die Third Bridge wil gaan neem, vertrek ek regs om die park. Negeuur die aand, is daar nog nie teken van die vier voertuie nie. Ek los die gemeenskap hoofman met ’n boodskap, daar by North Gate en keer terug na ons kampplek. Ek ry 10:00 Savuti toe met of sonder die res van die groep. Met die gejaag om op te vang het heelwat van die toer lede die pragtige Khwai rivier se oorvloed wild en water mis gestoom. Hulle was laat want buurman met die Prado het twee keer naby Xakanaxa vasgesit in ‘n modder plas.

Die einde van die toer in Kasane het ek nie heeltemal mee gemaak nie maar gerigte wil dit hê dat, die bure en van die vriende tot vandag toe nie praat nie. Ek het ook nou nog nie al die foto’s gesien nie, maar een ding is baie duidelik. As jy toer saam vrinne wat nie pas nie, raak die toer moeilik en lank. Ervaring kan nie in die blink 4x4 winkels gekoop word nie.

Henry en sy vroutjie het ook volgens my kennis, nie weer gaan toer nie.
Ek vermoed hul verkies maar ‘n wit gat in ‘n wit bad soos Kobus in die Namib eendag gesê het.

Ons . . . . . Ons sal wee ry!


Martin Eilers
Pretoria
0027 83 7511
inf0@ecotech.co.za