Botswana (2005)
Toebyt die toer gogga en die Bantam word geruil vir die 4.5 Petrol 75 Series Cruiser. Vir 6 maande word voorberei vir die eerste groot toer. Daar loop ‘n baie dowwe spoor, anti-kloks om die Delta. Met senuwees in die gatsak gaan ons Botswana hy Martin Pos binne. WILD! Baie donkies en stof verder ry ons Moremi Suid binne, oor die 3rd Bridge en by die Kwai draai ons links. Na vele waarskuwings ry ons op die pont oor die Okavango.
|
Namibia-Wes & vZyl's pas (2005)
Dis nie so erg om die Van Zyl’s te ry nie - om daar te kom is die uitdaging. Die avontuur om die oorlogs dorpies, die kaplyn pad en die Ruacana waterval en kragstasie te sien. Dan draai ons links en bly teen die Kunene tot by Swartbooisdrift en Poppa Valle. Die lekker stort by Eben. Die chemiese sirkels in die Marienfluss en Rooidrom van Hartman berge. Olifante by Puros en die kasteel by Sesfontein.
|
Lesotho (2005)
Net gou vir die langnaweek . . . nee eerder nie! Dis ‘n pad wat jy eers mooi oor dink voor jy ry. Deur die klein SA grenspos en die Sani pas uit. Draai net af van die teerpad toe die brug van die rivier reeds weggespoel het. Tyd en afstand werk koördineer nie, soos in ‘n droom waar jy nie kan wegkom van die gevaar nie. Daar is nie wild, voëls of bome nie. Net kombers manne wat staan en kyk, van bo kyk en van onder kyk. Die turf en klip koppe en klowe haal alles uit jou en jou voertuig.
|
St Lucia (2005)
Teleurgesteld sien ek die droë meer. Fanie se eiland word leeg gesteel terwyl ons daar staan en kyk. Die “Hels Gate” weermagkamp sit ver waardeloos en leeg. Dit laat mens sug van teleurstelling as jy dink hoe sterk die weermag was. Die strikke waarin wild gevang word. Teleurgesteld . . .
|
Richtersveld, Sederberg & Klein Karoo (2006)
Volg die Oranje (Gariep) rivier van Augrabies valle, Pella, Vioolsdrif en Serfontein tot by oom Koos se klip en Potjiespram in Richtersveld. Kyk blomme in Springbok, Clan William en Wuppertal. Sien die ys koppe langs Lot se Vrou in die Cederberg en eet droë perskes in Montaque. Ry die R62 tot in Oudtshoorn oor die Swartberg en draai dan links tot in die Hel.
|
Kgalagadi (2007)
Noord van Vryburg is Vorstershoop en Molopo Reservaat waar die McCarthy’s Botswana grenspos na die N3 Kaplynpad van Kgalagadi na Mhubasehube hek loop. Jacks pan is die plek waar jy stil word om die jakkalse se mannewales te waardeer. Die Nossop, Unions End en Mata-Mata paaie skud die lewe uit, wat die mak leeus langs die pad gelos het.
|
Savuti (2008)
Bure wat wil vriende bly moet nie saam toer nie. Kinders toer moeilik. Twee dinge wat niks met die roete te doen het nie, maar dis die lesse wat mens so leer. Die diere lewe by die Kwai rivier is asemrowend mooi, maar Savuti het teleurgestel. Truf, sand en klein Mopani’s. Die groot olifante in Kasane maak op vir alles.
|
SWA Kalahari 4x4 (2008)
Kiriis Ost plaas is ‘n plek waar mens vriende ontmoet wat familie word. Die Duitse geskiedenis van Blaauw en ander stories - amper politiek van WATER wat oorloë wen en families skeur. Die rooi sand koppe en Boesmansgras - sit jou siel terug in jou bors in. As jy daar groot raak, kom jy nie weg nie.
|
Sensus on Safari (2008)
4x4 met ‘n ander doel. Hulp aan wildbewaring om te verseker dat dit sal werk om die wildtuin se heining te laat sak. Die uitwys van strikke en redes waarom die wildtuin behoue moet bly. Die uitwysing met foto’s, GPS punte en presentations.
|
Nougasep Rivier Pas (2009)
Die Nougasep is 'n droeloop wat so 50km voor Vioolsdrift by die Oranje (Gariep) aansluit. Die pad daarheen is gedoop "die Hel se Pas" of "To Hel & Back". Die uiters slegte klip tweespoor gaan teen skerp rotse af en is die enigste pad terug na die beskawing. Dit is Namakwalandse bekendste 4x4 uitdaging en hardebaarde praat lank nog oor die ervaring. Ja, selfs Swaer se paar ekstra draie aan die storie by die kampvure, is nie genoeg wanneer jy die padboudag naby Springbok herroep nie.
|
Namakwaland saam Rey ry (2009)
Later die jaar gaan ons die Namib besoek. Die boeke en registrasie papiere bevestig dat bestuurders kennis moet he van "Sand ry". Bel ek toe maar die spesialis - Rey Janse van Rensburg. Ja die einste ! Toe die foon lui in Springbok antwoord daar 'n stem "Rey goeie more" - ek gooi amper die foon neer van verbasing. Hy antwoord sy eie foon !! Maar na die eerste paar minute saam met die Kalaharikind verander die roem na vriendskap en sommer vrinne. Dit word 'n heerlike kuier "wat die koningin van Engeland niks van weet nie".
|
Namib Lauberville (2009)
Nou-ja daars altyd daai eerste ervaring wat groter is as die mense om jou. Amper soos die dag toe jou maagdelikheid gegroet het. Die geleentheid is so oorweldigend dat jy eers 3 dae later aarde toe kom en ontdek daar is nog mense om jou. Gewone SA mense wat weer terug gaan en verdwyn in die dag tot dag. Maar jou spore le OOR die grootste duine in die werreld !! Nou praat jy nie meer 4x4 nie. Jy en jou Bakkie het dit self gedoen. Daarna stoot jy eerder jou Cruiser as om iets anders te ry - OOIT! As daai straight 6 soos 'n pofadder blaas . . . manne !
|
Namib Luderitz (Apr 2010)
Erfare woestynbestuurders daag ons op in Ludritz. Selfde groepie uit SA. Maar toe ontmoed ons vir Folker. Die woestynkind is wereldwys. Sy paie en draie deur die berge van sand het hom al stories gegee van elke sandkorrel tussen Sadle Hill en Sandwich Bay. Hy't al gery, gevry en kry nou sy pay in die oorverdowende stil juweel, die Namib. Baie het al alles verloor maar ek dink Folker het sy diamand gevind. Elke straat en elke slip-phase het iets of niks. Gaan kyk self, daar is geen LandRovers nie, net 'n uitgebrande Gherri.
|
|
Namib Luderitz (Nov 2010)
Toe huur die manne met die bling-bling karretjies vir Swaer om hul te help deur die Namib. Betaal die kostes en alles. Ek praat vir ma om en binne twee dae vertrek ons twee met die "Beach Bus". Weer saam Folker met al sy stories oor die wereld. Amper vervelig geraak met die bus. Ry wag, ry wag, ry wag . . . en die manne sukkel, op en af. Tot die windgat goue Patrol moes ons oor 'n slip-phase sleep. Faan wil net die 4.5 Karberator se bonnet oop maak, hy kan nie glo nie. Maar hulle het in 1993 al met die 80 Cruisers hier rond gery. Toe was sy bling-bling Triptronic Datsun nog nie eers ontwerp nie.
|
Ukhwi to Kirris (2011)
Paasnaweek en ons vat die pad, om vir Zeiler en Collin die geleentheid te gee om hul toerusting te toets. Molopo, McArthy hek in Botswana in en om die oostekant, Mahubasehube hek verby. Al langs die SWA grens noord tot by Gobabus deur die grens en weer teen die grens af tot by Mata-Mata en Kiriis.
Ons sien die Nosob rivier in vloed !! Ons sien LandRover wat vassit . . algemeen.
|
Jag (Jun 2011)
Ons kultuur se ons moet bos (berg) toe en saam met pappa 'n bok skiet. Gelukkig net rou goeters eet en nie goeters afsny nie. So sal die jagters kultuur ons seker weer goed behulpsaam wees met toekomstige konflikte.
Wel ek het die trofee en die foto om ook te kwalifiseer. My slingervel (.303) ook mooi gemaak en nou wag ons vir die groot jag.
Ter denke aan Gerhard wat op die 6 & 9de foto is. Sy naam is op ons mure. Rus in vrede.
|
Kunene Mouth (2011)
Folker, sy seun en Wittes vat ons na die Kunene mond, Angola en SWA grens. Die storsie is vollop soos gewoonlik. Die Skedelkus en woestyn met al sy geheime is onheilspellend. Vallie dougnut by die mond en Jan se Datsun skop gat, by die Kunene kamp se 450m sandbank. By Purros groet ons vir Folker hulle. Ons verneem hulle verloor 'n dif oppad terug.
By die Verbrandeberge en Aboab ruk Collin, Zeiler se bullbar af met 'n kinetiese tou.
Ons sal wee ry . . .
|
Etosha & Khaudum 2012
Uiteindelik sien ons Etosha. Komersieel, stowwerig en peak traffic. Al die diere wit van die kalkstof. Ons nuwe "Instap Canopies" is die ultimate ! Makliker op- en afpak. Lekker koel en warm genoeg. Die ontwerp van Frans kom van jare en km's. Ons kan enige 4x4 rowwe terrein, duine, klip, takke en water ry. Niks hang oor of is te hoog nie. Ligter as die fiber glass voorgangers. Ma is tevrede en ek bly "Pappa" vir die hele toer.
.
Khaudum - Wat 'n teleurstelling! Teenoorgestelde van al die SWA Reservate en Kampe. Die diere is WILD geskiet met 7,62mm R1 vuurwapens. Veld afgebrand deur inwoners. Swak!
|
Aroab Mall
Die graspol in Namibia in ontwikkeling - CHECK THIS SPACE
| |